Gebreekte arm: Ons het dit sien kom, sê Kapenaars vir...

NIC DLAMINI EN DIE BERGBOELIES

Gebreekte arm: Ons het dit sien kom, sê Kapenaars vir Tafelberg-parkbestuur

Mense wat baie tyd in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad deurbring, meen niemand kan regtig verbaas wees dat een van die land se voorste fietsryers nou met 'n gebreekte arm sit nie, skryf HANLIE GOUWS.

OP 27 Desember is Nic Dlamini (https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2019-12-27-watch-top-sa-cyclist-nic-dlamini-assaulted-at-table-mountain-national-park/) se arm gebreek. Die “koning van die berge" was op sy bergfiets in die Silwermyn-deel van die Tafelberg Nasionale Park toe boswagters hom volgens 'n ooggetuie gestop het deur sy fiets se handvatsel te gryp. Dit was volgens SANParke omdat hy nie toegang betaal het nie en nie 'n aktiwiteitspermit gehad het nie (dít is nog nie deur een van die twee partye bevestig nie).  

Hy het van sy fiets af geval en die boswagters het hom in hegtenis geneem. 'n Mede-fietsryer het sy selfoon uitgehaal en die struweling afgeneem toe hulle Dlamini in hul bakkie wou laai. Op die video kan 'n mens die klapgeluid hoor toe sy arm breek (die dik been in sy bo-arm) terwyl een van die wagters dit hoog bo sy kop omdraai. 

Lawrence Lindeque het gery tot waar hy selfoonopvangs gehad het en die video getweet. En toe blaas die hele ding op sosiale media op en tot in die internasionale media...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.