Hoe Bosasa Lindela gemelk het

POESPAS VAN ONGERYMDHEDE

Hoe Bosasa Lindela gemelk het

Die berugte “repatriasiesentrum” was dekades lank 'n bron van inkomste vir Bosasa terwyl dit die stelsel – en die departement van binnelandse sake – misbruik het om waansinnige winste te maak, berig JAN BORNMAN van New Frame.

  • 03 Januarie 2020
  • Nuus & Politiek
  • 14 min om te lees
  • artikel 6 van 25
  • Jan Bornman

TOE Bosasa se voormalige bedryfshoof Angelo Agrizzi op 16 Januarie 2019 in die getuiebank van die kommissie van ondersoek na staatskaping met sy donker pak, kraakwit hemp en swart-en-blou das ingeskuif het, was min mense gereed vir die verrotting wat hy sou onthul.

In nege dae se getuienis wat sy voormalige baas Gavin Watson sou impliseer, het Agrizzi ontbloot hoe die maatskappy Bosasa (nou African Global Operations) maandeliks omkoopgeld van tussen R4 miljoen en R6 miljoen aan politici, regeringsamptenare en joernaliste betaal het.

Watson was dronk van mag en invloed, en die omkoopgeld het verseker dat winsgewende kontrakte aanhou instroom, het Agrizzi beweer. Na raming het Bosasa meer as R12 biljoen (https://mg.co.za/article/2019-02-01-00-the-bosasa-tally-r12-billion) se regeringskontrakte deur omkopery en korrupsie gekry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.