Darren Taylor is 'n vryskutjoernalis wat vir verskeie nasionale en internasionale media-organisasies werk. Hy skryf oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe - van politiek tot landbou - maar hou veral daarvan om 'n stem te gee vir mense wat aan die rand van die samelewing is.
GEWELDSMISDAAD
Vroueslaners: Die vuiste bly praat en die monde bly dig toe
Van ryk tot arm, die geweld teen Suid-Afrikaanse vroue ken geen grense nie. Polisiëring is nie die oplossing nie; die siklus wat dit aandryf moet en kan eerder aangepak word, skryf DARREN TAYLOR.
Deel
DIE huis is in ʼn kompleks in Johannesburg se eindelose grys, winkelsentrumbesaaide noordelike dele. Als hier rond is “Estates” en “Gardens” en “Retreats”, vernoem na die Skotse Hooglande, Franse provinsies en Spaanse oorde. Hulle is almal ewe argitektonies middelmatig.
Afgetrede egpare draf die oggend binne met hul sagte, geplooide vlees wat verby die huiswerkers, op pad na hul eie weergawes van verveling en futiliteit, vloei.
In hierdie baksteen-wêreld met wagte en heinings woon Johan en Klara Noordwyk*. Hulle is middeljarig en beskryf hulself as middelklas, maar die duur meubels in die meenthuis en die Range Rover in die motorhuis laat dit blyk dat hulle hul posisie op Suid-Afrika se sosiale leer onderspeel. Die enigste tekens van doodgewoonheid in die Noordwyk-huis is die CD-rak waar kommersiële meesterstukke uit die 1980’s soos Chris de Burgh se “Into The Light” en Roxette se “Look Sharp!” pryk...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die bandiet en Gé, Skollie en Jali
‘Daai vis het ’n rassis uitgewis …’
As Ramaphosa misluk, draai China die krane toe
Deel
-
Deel
Darren Taylor
JoernalisDarren Taylor is 'n vryskutjoernalis wat vir verskeie nasionale en internasionale media-organisasies werk. Hy skryf oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe - van politiek tot landbou - maar hou veral daarvan om 'n stem te gee vir mense wat aan die rand van die samelewing is.