Booysen en Panday: teenpole van staatskaping

DIE WIEL HET GEDRAAI

Booysen en Panday: teenpole van staatskaping

Toshan Panday staan in die staatskaping-annale opgeteken nie oor sy slinksheid of noue bande met die Zuma-familie nie, maar vir sy rol om een van Suid-Afrika se gedugste polisiemanne die wildernis in te jaag, skryf JACQUES PAUW.

PANDAY se beweerde bedrog is kleingeld vergeleke met die biljoene wat die Guptas en hulle gabbas geplunder het. En anders as die Guptas wat ’n president gevange gehou het, het Panday hoogstens ’n provinsiale polisiekommissaris in sy sak gehad. Waar die Guptas die vetste koeie van die staat – die staatsbeheerde maatskappye – gemelk het, het Panday sy kloue in ’n verkrygingsfonds van die polisie ingeslaan.

Toe Panday uitgevang word, het ’n luitenant-generaal en ’n string senior polisie-offisiere probeer om die ondersoek teen hom te kelder. Een man, Johan Booysen, het teen hulle opgestaan, gesê hulle mag dit nie doen nie en geweier om die dossier aan sy hoofde te oorhandig. ’n Gewese kommissaris van polisie het dié man toe persoonlik geskors, en die hoof van die Valke het die taakmag gestuur om hom te arresteer.  

Toe dít nie werk nie, het die polisie se misdaadintelligensie-eenheid ’n valse moorddossier teen hom en ’n eenheid onder sy beheer bekook en dit aan ’n Sondagkoerant gesmous...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.