Van Gupta-gatgabba tot ANC-rockster: die metamorfose van Zuma junior

DIE GOUE SEUN

Van Gupta-gatgabba tot ANC-rockster: die metamorfose van Zuma junior

Die land gons oor Duduzane, Jacob Zuma se witbroodjie-kind. Hy het nog nie behoorlik die stof van sy verskyning voor die Zondo-kommissie van sy snyerspak afgestof nie, of hy hou sy lyf ewe skielik rockster by ANC-rallies. ANNELIESE BURGESS voer aan dis alles deel van 'n berekende verontskuldigingsveldtog.

WAAR hy ook al kom, gedra die mense hulle soos groupies, en hou hy sy lyf seleb – die kapokhaan-haarstyl, die donkerbril, die parmantige stappie, die skitterwit glimlag, die gewuif, die lyfwagte in swart pakke. Vroue gil en skreeu. Hulle hou hulle selfone omhoog. Hy is die ene sjarme, poseer vir selfies. By een hofverskyning het selfs die DA-vroue wat teen hom kom protesteer het, in beswyming verval. Hy geniet die aandag. Duidelik.

Behalwe, Duduzane is geen rockster nie. Hy en sy “broers”, soos hy graag na die Guptas verwys, staan sentraal tot die staatskapingsnet wat Suid-Afrika byna na onder getrek het.

Ses getuies het hom reeds voor die Zondo-kommissie geïmpliseer as 'n Gupta-handlanger en -geldgabba. Dit was hoeka beskuldigings teen hom en die Guptas deur die voormalige adjunkminister Mcebisi Jonas wat staatskaping op die agenda geplaas het, en die Zondo-kommissie tot gevolg gehad het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.