DA-drama: Vuur van vernuwing of verwoesting?

BRAND BLOU

DA-drama: Vuur van vernuwing of verwoesting?

'n Vuur woed binne die DA – aangeblaas deur ideologiese verskille, politieke oorlewingsangs en versuurde verhoudings. ANNELIESE BURGESS gaan haal die storie 'n jaar terug, en probeer die party se toekoms deur die rook en vlamme sien.

'n Jaar gelede het die DA se guitige, uitgesproke intellektueel Gwen Ngwenya uit haar pos as hoof van beleid bedank.

In 'n lang brief aan die destydse leier, Mmusi Maimane, het sy 'n hele rits probleme uitgestippel – onder meer hoe die ontwikkeling van beleid binne die DA afgeskeep word, oor die gebrek aan ondersteuning en terugvoer op beleidsvoorstelle en dan, heel onder, die kern  van haar ongelukkigheid: hoe sy gekasty is nadat sy in die publiek gesê het die DA van plan was om afstand te doen van swart ekonomiese bemagtiging as 'n beleidsbeginsel. 

As ons nou terugkyk was dít 'n aanduiding van hoe warm die kole toe al gesmeul het in die hart van die party...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.