Hoe gemaak met Isis-bruide wat na SA wil terugkeer?

OP HOL OOR AL HOL

Hoe gemaak met Isis-bruide wat na SA wil terugkeer?

Die Suid-Afrikaanse regering moet besluit of hy vroue en kinders van die Islamitiese Staat (Isis) gaan toelaat om terug te keer na eie bodem – en wat om met hulle te doen wanneer hulle terug is. Maar as ons nie eens weet hoe om bendes, misdaad en die instroming van dwelms hok te slaan nie, hoe gaan ons mense hanteer wat in die sogenaamde kalifaat was en waarskynlik blootgestel is aan intense indoktrinasie en ontsettende wreedhede? JASMINE OPPERMAN bekyk dié dilemma.

DAAR is tans geen plan vir die Suid-Afrikaanse weduwees van Isis-vegters en hul kinders wat in kampe in die noorde van Sirië aangehou word en wil terugkeer nie.

Indringende vergaderings oor dié dilemma vind plaas tussen amptenare van die departemente van internasionale betrekkinge en justisie asook die intelligensie- en veiligheidsdienste, is aan Vrye Weekblad gesê, met Suid-Afrika se ambassadeur in Sirië en Libanon, die oud-intelligensiebaas Barry Gilder, glo in 'n sleutelrol. Ook die voormalige ambassadeur Mohammed Dangor is na bewering by die proses betrokke.

Daar is sover bekend minstens sewe Suid-Afrikaanse vroue wat moontlik wil terugkeer, hoewel dit nie moontlik is om die presiese getal te bepaal nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.