Die skerp horing teen Cyril se keel

AMBISIEUSE PLANNE

Die skerp horing teen Cyril se keel

Die president het sedert sy bewindsaanvaarding min beweegruimte. Sy staatsrede moet in die lig daarvan beoordeel word, skryf JO-ANSIE VAN WYK, en ontleed die toespraak.

IN een van Daniel Naudé se foto’s in Cyril Ramaphosa se boek, Cattle of the Ages, staan Ramaphosa tussen sy Ankole-kudde op sy plaas Ntaba Nyoni buite Badplaas. Dit lyk asof 'n skerp Ankole-horing teen Ramaphosa se keel druk, maar getrou aan sy tweede naam, Matamela (gelukkig), glimlag hy breed.

Ramaphosa het sy vierde staatsrede in baie opsigte met 'n horing teen sy keel gelewer. Die president het sedert sy bewindsaanvaarding min beweegruimte geniet weens partybinnegevegte, 'n leë staatskas en 'n lomp regering. Die EFF het verrigtinge van die gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies vir meer as 'n uur uitgerek en vertraag met vrae en versoeke rondom die teenwoordigheid van oudpres. FW de Klerk, die afdanking van Pravin Gordhan, prosedures en privilegie. 

Ramaphosa het sy spreekbeurt afgewag. Toe hy sy toespraak om 20:35 hervat, het hy die geykte formule van dié van sy voorgangers gevolg met 'n verbintenis tussen die geleentheid en die land se bevrydingsgeskiedenis. Dít sluit in die herdenking van die vrylating van Nelson Mandela en die ontbanning van bevrydingsorganisasies, die verering van 'n historiese figuur en/of gebeurtenis (Basil February en die Wankie-veldtog in 1967) en 'n herbeklemtoning van sekere waardes (vryheid en gelykheid). Ook was daar die aankondiging van 'n sentrale idee (groei) en doelwitte,  beloftes en dan 'n aanhaling ter inspirasie (van Joseph Shabalala)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.