Hoe leuens uit SA byna ’n internasionale insident veroorsaak het

VERSINSEL

Hoe leuens uit SA byna ’n internasionale insident veroorsaak het

’n Onbenullige Suid-Afrikaanse webwerf het byna die wêreldpolitiek geskud toe sy fopnuusstorie soos ’n veldbrand in die Russiese media as die waarheid verkondig is. Fopnuus is nie ’n misdaad sonder slagoffers nie en kan onbedoelde gevolge hê wat nie maklik beheer kan word nie, skryf JEAN LE ROUX en ROMAN OSADCHUCK.

  • 21 Februarie 2020
  • Nuus & Politiek
  • 9 min om te lees
  • artikel 1 van 25
  • Jean le Roux & Roman Osadchuck

KORT nadat die Oekraïense passasiersvlug PS752 in Januarie deur die Iranse regering neergeskiet is, het ’n verdagte Suid-Afrikaanse webtuiste genaamd LiveReport (https://web.archive.org/web/20200130222247/https://livereport.co.za/) ’n artikel publiseer waarin aangevoer is die Amerikaanse regering was verantwoordelik vir dié voorval waarin al 176 passasiers en bemanningslede dood is.

Die artikel (https://web.archive.org/web/20200130222310/https://livereport.co.za/2020/01/08/ukrainian-boeing-737-could-have-been-shot-down-by-american-drone/) – wat later sou blyk ’n fopstorie te wees – het vinnig in die Russiese media versprei. Selfs nadat Iran amptelik erken het dat hy self die vliegtuig neergeskiet het, het die storie in die Russiese media bly draai dat dit die Amerikaners was.

Die storie het taal- en landsgrense oorgesteek en die onbenullige klein webwerf het sodoende byna ’n internasionale insident veroorsaak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.