Mashaba oor doodstraf, onwettige immigrasie en sy diep haat...

PROFIEL

Mashaba oor doodstraf, onwettige immigrasie en sy diep haat vir die ‘misdadige ANC’

Herman Mashaba mik weer politiek toe. Sy People's Dialogue-beweging word binnekort 'n politieke party en gaan deelneem aan die plaaslikeregeringsverkiesings volgende jaar. Hy vertel ANNELIESE BURGESS oor hoekom hy “die res van sy lewe" gaan werk om die ANC tot 'n val te bring, wat hy werklik van Helen Zille dink, en hoe die DA hom teleurgestel het.

DIE naaste wat hy aan 'n regte kantoor het, is sy huis se stoep, vertel Herman Mashaba my oor die foon toe ons voor die tyd reëlings tref om mekaar te ontmoet. Maar ek kan na sy ou kantoor in Sandton kom wat nou sy vrou s'n is.

Vir 'n man wat 'n paar maande gelede nog die burgemeester van Johannesburg was (met burgemeesterskamers, wat nog te sê 'n kantoor), moet dié nogal 'n aanpassing wees, sê ek toe ek gaan sit by die klein tafeltjie in 'n klein kantoortjie met 'n paar beskeie Makro-styl swart leerkantoorstoele. “Glad nie, sê Herman met 'n vet glimag, “dis lekker. Ons hou baie goeie meetings op my huis se patio."

Hy dra 'n appelkooskleurige kortmoulinnehemp en in lewende lywe lyk hy ten minste 10 jaar jonger as sy 67-jaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.