Karma: die harde werklikheid het FW de Klerk ingehaal

DIE LAASTE STROOI

Karma: die harde werklikheid het FW de Klerk ingehaal

FW de Klerk het laasweek met sy onbesonne uitlatings oor apartheid sy nalatenskap erg besoedel en die lewensvatbaarheid van sy stigting verder ondermyn. Maar dalk is die onverkwiklike debat oor die “misdaad teen die mensdom” 'n nuwe oomblik vir introspeksie deur veral wit Suid-Afrikaners, skryf MAX DU PREEZ.

Ek sê De Klerk se ontkenning in 'n SABC-onderhoud dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was, was “onbesonne” om verskeie redes.

Hoe het hy gedink swart en bruin Suid-Afrikaners sou reageer op 'n stelling op nasionale televisie wat deur die meeste mense gelees word as dat dit beteken “apartheid was darem ook nie só erg nie”?

Het De Klerk werklik geen kennis van die geskiedenis van die Verenigde Nasies se verklaring van apartheid as 'n misdaad teen die mensdom nie? (Thabo Mbeki sê De Klerk het vir hom gesê hy dra geen kennis van die 1973 VN-konvensie of the Statuut van Rome in 2003 oor die saak nie.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.