‘Stemlose’ Dudu Myeni was ’n ‘sondebok wat SAL eintlik wou beskerm’

DIS MY DUDU DAAI

‘Stemlose’ Dudu Myeni was ’n ‘sondebok wat SAL eintlik wou beskerm’

Haar naam is deur die modder gesleep, sê Dudu Myeni, oudvoorsitter van die SAL. Oudpres. Jacob Zuma het nie 'n aandeel gehad in haar aanstelling nie. En sy het bloot haar werk gedoen.

DUDU Myeni, oudvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wil graag hê jy moet weet sy het nooit enigiets verkeerd gedoen nie. Sy is bloot 'n sondebok – die teiken van die massamedia, kollegas wat lieg en duistere buitelandse magte. Boonop moes sy bontstaan om oproepe te beantwoord van Jacob Zuma, toe hy nog die president was, oor hoe sy haar pligte uitgevoer het.

Dít was waarop haar getuienis neerkom in haar verhoor wat uiteindelik, ná ’n gesloer van amper vyf maande, in die hooggeregshof in Pretoria begin het. Sy is hof toe gesleep deur die burgerregtegroep Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat aansoek gedoen het om haar ingevolge die Maatskappyewet as misdadige direkteur te verklaar weens beweerde wangedrag in die tyd wat sy aan die stuur van die lugdiens was en waartydens biljoene rande glo verlore gegaan het. As sy as misdadige direkteur verklaar word, sal sy nooit weer in dié hoedanigheid kan dien nie.

“Ek het nog nooit ’n stem gehad nie. Ek het steeds nie 'n stem nie,” het Myeni aan die hof gesê. Sy het omtrent al moed opgegee teen die tyd dat die ooreenkoms in duie begin stort het wat glo tot verliese van meer as R1.5 biljoen vir die SAL gelei het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.