THABANI is nege. Hy het nie skoene nie. Sy voete is vol eelte en vuil van skool toe en terug stap en van werkies by die huis doen. Hy woon saam met sy 13-jarige boetie in ’n nedersetting buite Jozini in die Umkhanyakude-distrik in die verre noorde van KwaZulu-Natal.
Hul huis is ’n klein rondawel met ’n stokou dak wat lek wanneer dit reën. En dit reën baie hier. Maar binne-in die huis is daar in elk geval nie veel vir die water om te beskadig nie.
Die grootste ding in die huis is ’n oranje 25 kg-sak mieliemeel. “It fills you!” is in helder letters voor op die sak geskryf. ’n Ou rooi fiets lê op sy sy langs ’n tafel waarop daar Doom, tandeborsels, ’n paar lyfroomhouers en hangers rondlê. Thabani se ouer suster, Zanele, bly by familielede elders in die dorpie, maar haar skoolprestasietoekenning is ook op die tafel. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.