Is dit neusie verby vir Iqbal Survé?

DR. DUIMSUIG

Is dit neusie verby vir Iqbal Survé?

Hy sien homself as die dokter van die struggle-veterane, maar Iqbal Survé het klaarblyklik geen respek vir staatsdienswerkers se aftreegeld getoon nie en daarmee gemors soos wat hy goed gedink het. Dis nou dalk die einde daarvan, berig JACO VISSER.

DIE man wat beweer dat hy en oudpres. Nelson Mandela eens hegte vriende was, staan nou aan die bopunt van ’n brandstapel van beweerde korrupsie en leuens.

Iqbal Survé, wat al na homself verwys het as “een van die invloedrykste sakemanne en filantrope op die Afrika-vasteland” beveg nou ’n siviele eis van R4.3 biljoen deur die bestuurder van die land se staatsdienswerkers se pensioenfonds. Hy het vir jare op sy struggle-dokter credentials gery om sy pad in die sakewêreld oop te kap. En nou lyk dit of sy hele huis van kaarte in duie gaan stort. Hoe het hy gekom waar hy nou is?

Survé is gebore en getoë in Kaapstad waar hy in die doodsnikke van apartheid as ’n dokter gewerk het, aldus sy biografie hier (https://www.sekunjalo.com/portfolio/%20). Dit is juis in hierdie tydperk wat hy onder andere in aanraking kom met, volgens hom, Mandela, Govan Mbeki en Ahmed Kathrada. Ná die ontbanning van die ANC en die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het hy en sy familie die Sekunjalo-groep begin. Met die implementering van swart ekonomiese bemagtiging in 2003 het die maatskappy met alle mag voordeel hieruit begin trek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.