Twis oor eienaarskap bedreig swart gesin se 31 jaar van ...

ONGEGROND

Twis oor eienaarskap bedreig swart gesin se 31 jaar van vooruitboer

Lulama Kapa en sy vrou, Nothandekile, wil bitter graag voortgaan om van ’n plaas naby Ugie in die Oos-Kaap ’n sukses te maak, maar hulle besit nie die grond nie en het ook nie ’n huurkontrak nie, skryf ANNA MAJAVU vir New Frame.

LULAMA Kapa (66) en sy vrou, Nothandekile (63), is opkomende swart boere. Maar hul sukses hang in die weegskaal omdat hulle nie die grond waarop hulle boer besit nie en nie ’n huurkontrak het vir die grond wat hulle al 31 jaar lank bewerk nie.  

In 1989, toe die egpaar in hulle vroeë 30's was, het hulle vir ’n wit kommersiële boer begin werk op deel vyf van Oribi Dale Farm 360 buite Ugie in die Oos-Kaap. Jare nadat apartheid tot ’n einde gekom het, het dié boer vir die Kapas gesê deel vyf word by die regering gehuur, dat hy weggaan en dat die Kapas moet oorweeg om die plaas oor te neem.

Hulle doen dit toe. Maar die afgelope tien jaar al sukkel hulle om die regering sover te kry om die huurkontrak in hulle naam oor te dra. Lulama Kapa het al die briewe wat hy al gestuur en van regeringsdepartemente ontvang het, in ’n lêer gehou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X