PARMANTIG. Astrant. Dis die redes wat Martha Ngoye se baas vyf jaar gelede gelys het toe hy haar summier in die pad gesteek het ... nog voordat hy gesit het. “Martha, jy is net parmantig,” was sy openingswoorde toe sy vroegoggend by 'n vergadering opgedaag het. Só, vat jou goed en loop.
Die baas was Lucky Montana, omstrede voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), en die “astrante” vrou was Ngoye, Prasa se regshoof, wat alewig 'n klippie in sy skoen was – bloot omdat sy die werk wou doen waarvoor sy aangestel is.
Montana het groot planne gehad om met Prasa se tenders te knoei, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping al gehoor, en Ngoye se arendsoë op die kontrakte het die beplande knoeiery bemoeilik. Sy wou net nie bes gee nie, al het kollegas haar gewaarsku en gedreig. “Ek wou net my werk doen,” het sy hierdie week by die Zondo-kommissie op haar statige, maar ferm manier herhaal...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
ZONDO-KOMMISSIE
Martha Ngoye: Die astrante heldin
Die korrupsie by Prasa is ’n riller, maar dinge kon selfs erger gewees het as dit nie vir 'n moedige Martha was nie, skryf YOLANDI GROENEWALD.
Deel
PARMANTIG. Astrant. Dis die redes wat Martha Ngoye se baas vyf jaar gelede gelys het toe hy haar summier in die pad gesteek het ... nog voordat hy gesit het. “Martha, jy is net parmantig,” was sy openingswoorde toe sy vroegoggend by 'n vergadering opgedaag het. Só, vat jou goed en loop.
Die baas was Lucky Montana, omstrede voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), en die “astrante” vrou was Ngoye, Prasa se regshoof, wat alewig 'n klippie in sy skoen was – bloot omdat sy die werk wou doen waarvoor sy aangestel is.
Montana het groot planne gehad om met Prasa se tenders te knoei, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping al gehoor, en Ngoye se arendsoë op die kontrakte het die beplande knoeiery bemoeilik. Sy wou net nie bes gee nie, al het kollegas haar gewaarsku en gedreig. “Ek wou net my werk doen,” het sy hierdie week by die Zondo-kommissie op haar statige, maar ferm manier herhaal...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Yolandi Groenewald
JoernalisYolandi Groenewald is 'n bekroonde omgewingsjoernalis en sakejoernalis.