KITSKENNIS | Hospitale: Wat ons het versus wat ons nodig het

KLINK SLIM IN ISOLASIE

KITSKENNIS | Hospitale: Wat ons het versus wat ons nodig het

Suid-Afrika se beste kans teen Covid-19 is om seker te maak so min as moontlik mense word siek, anders gaan die gesondheidsorgstelsel swik onder die druk, skryf WILLEM KEMPEN.

Wat is die belangrikste dinge wat ons weet en nié weet nie?

Ons weet Covid-19 is hoogs aansteeklik en dat baie Suid-Afrikaners siek gaan word. Ons weet ook dat daar net ’n sekere aantal hospitaalbeddens in die land is, net ’n sekere aantal beddens in intensiewesorg-eenhede is, en dat daar net soveel gesondheidswerkers beskikbaar is wat pasiënte kan help versorg. Wat ons nié weet nie, is presies hoeveel siekes daar gaan wees, wanneer hulle gaan siek word, hóé siek hulle gaan word en vir hoe lank gaan hulle siek bly.

Ons beste hoop om hierdie laaste drie vrae te probeer beantwoord, is statistiese modelle gegrond op beskikbare data en sekere aannames. Dié aannames is op hul beurt gegrond op wat in vergelykbare ander lande en situasies gebeur het. Dit lei ons dan weer in die rigting van sekere scenario’s met wisselende waarskynlikheid van realisering...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.