Corona: Ingeperk in lewe én in dood

ALMAL SE KRISIS

Corona: Ingeperk in lewe én in dood

Oral op die aardbol het die virus 'n impak en stel regerings ongekende vredestydse maatreëls in wat hul burgers se lewens ingrypend raak, skryf ADRI KOTZÉ.

DIT was net sy, haar suster en 'n man van die krematorium in die vertrek toe haar ma se kis agter die respekvol-pers gordyne inskuif, vertel 'n vriendin. David Bowie se “Starman” het gespeel en sy het gehuil.

Haar suster moes twee meter weg, buite troosafstand, staan. In die tyd van corona bepaal nuwe maatreëls in Engeland dat net naaste familielede verassings- of begrafnisplegtighede mag bywoon, al was haar ma die hart van die rolbalklub, die kerk se liefdadigheidskomitee én die enigste kroeg op die dorpie in Kent. 'n Sosiale vlinder en ware staatmaker van die gemeenskap wat 'n week terug dood is aan kanker.

Daar was geen kerkdiens nie en geen skons en tee nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.