Namibië, hoor jy die magtige dreuning van korrupsie en Covid-19?

CORONAVIRUS IN NAMIBIË

Namibië, hoor jy die magtige dreuning van korrupsie en Covid-19?

Ná 30 jaar van 'n post-onafhanklike wittebrood en lekker lewe danksy die mynbou se ekonomiese meevallers, is die jol klaar, die babelas daar en die rekening op die tafel. Maar Namibië se sakke is leeg en 'n skuldeiser genaamd Covid-19 staan voor die deur, skryf JOHN GROBLER.

NAMIBIË het net nie meer reserwes oor om die land deur moeilike tye te dra nie, want skuldvlakke in beide die staat en privaat sektor is hoër as ooit tevore terwyl per capita-inkomste tot op 2012 se vlakke gedaal het, waarsku ekonoom Rowland Brown van Cirrus Securities.

En dit was nog voor die coronavirus die land se klein, maar relatief oop, ekonomie getref het. Vanaf vandag, 3 April, is die Khomas- en Erongostreke gehok vir 21 dae – 'n gevoelige slag vir Namibië se ekonomiese hoofslagaar waar die meeste mense wat wel nog werk het, hulself bevind.

Ná drie dekades van Swapo-beheer was dit al duidelik dat amptelike pogings om ekonomiese diversifikasie teweeg te bring, bitter min indien enige noemenswaardige effek gehad het om die strukturele oorsake van hoë werkloosheid en armoede uit te wis. Met 'n nuwe minister van finansies – Iipumbu Shiimi, huidige baas van die Bank of Namibië (BoN) – boonop aan die stuur, bevind Namibië se ekonomiese skippie haarself nou in onbekender en dieper waters as ooit tevore ... en dít met 'n onbeproefde navigator, meen die ontleders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.