Corona: hoe Suid-Afrikaners hul harte, hande én beursies...

ONS GEE OM

Corona: hoe Suid-Afrikaners hul harte, hande én beursies oopmaak vir mekaar

Die Ruperts, Motsepes en Oppenheimers het biljoene gegee. Banke help. Boere skenk op groot skaal kos. So ook die groot koshandelaars. Die Solidariteitsfonds staan nou al oor die R2 biljoen sterk, en staan onder leiding van die grootste name in die sakesektor. Maar die kosbaarste hulpverlening in hierdie tyd is van liefdadigheidsorganisasies en die klein mense wat oor die land heen ’n hand uitreik. ANNELIESE BURGESS het gaan kyk hoe mense oor geloofs- en rasgrense hande vat en vir mekaar omgee.

GIFT OF THE GIVERS was nog altyd vir my die verpersoonliking van die beste in Suid-Afrikaners. 'n Liefdadigheidsorganisasie wat groot help waar hulle kan: Bosnië, Haïti, Mosambiek, Pakistan, Somalië, Kongo, Portugal – noem 'n ramp in die wêreld oor die afgelope byna 20 jaar en hulle is daar met kos en dokters en mediese toerusting. Altyd netjies uitgevat in hulle kenmerkende donkergroen uitrustings met die organisasie se kenteken op die bors en die Suid-Afrikaanse vlag op die arm.

Hier in Suid-Afrika ook. Waar daar 'n ramp is, kan jy maar weet sal die stryders in groen stilletjies inbeweeg. Toe Beaufort-Wes en Makhanda sonder water begin doodruk het, was dit Gift of the Givers wat kom help het. Vandat die die vernietigende droogte Suid-Afrika sedert 2017 in 'n wurggreep het, het Gift of the Givers meer as R235 miljoen se hulpverlening verskaf. Honderde boorgate is gesink en duisende vragte drinkwater is vir gemeenskappe aangery, asook lorries en lorries vol veevoer vir boere en kospakkies vir plaaswerkers en ander hulpbehoewendes.

En die ding wat my nog altyd daai knop-in-die-keel-trots gegee het oor Gift of the Givers is dat hulle net terloops 'n Moslem-organisasie is – vir hulle is swaar kry altyd swaar kry – of jy nou 'n Christen of Jood of Moslem is, 'n wit boer of 'n swart skoolkind. Hulle wortels lê diep in hulle geloof, maar hulle is 'n helpende hand vir almal, nie net vir diegene wat op dieselfde manier bid as hulle nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.