... OLIVER Tambo het landuit gevlug net ná die Sharpeville-tragedie om ’n buitelandse sending vir die ANC te vestig. Twintig jaar later kon hy nie meer geïgnoreer word nie. Sy toesprake en aktiwiteite in die buiteland het dit maklik gemaak om hom as die leier van ’n spul terroriste te brandmerk. Ons sou nooit toelaat dat hulle die mag steel en Pretoria binneval met hul AK-47’s nie.
In die 1980’s was dit duidelik dat ons ons strategie moes verander. Tambo en sy volgelinge sou deel moes wees van die politieke skikking as ons vrede in Suid-Afrika wou hê.
Sy toesprake in die internasionale arena moes nou versigtig beskou word. Wie was hierdie pyproker wat altyd aan sy sy was wanneer hy in die openbaar verskyn het? Niël Barnard, hoof van die nasionale intelligensiediens, het vir my gesê dis Thabo Mbeki, ’n intellektueel wat die vloer sal vee met enige NP-agterbanker as ons met hom sou moes debatteer terwyl die internasionale media toekyk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.