Met ‘regte’ sport op die planke, wink digitale rugby, sokker,...

EINDSTRYD?

Met ‘regte’ sport op die planke, wink digitale rugby, sokker, netbal, gholf …

Nog nooit tevore is al wat sportsoort is oor die wêreld heen met een slag tot stilstand geruk nie. ANNEMIE BESTER kyk na die opsies.

Die haker met die bultende spiere systap soos 'n wafferse senter en duik sierlik onder die pale deur. Die Silwer Hawks wen hierdie kragmeting oortuigend met 65-14. Dan verskyn die boodskap op die uitermate groot TV-skerm in die donkerbeligte kamer waar die jong man sit: Beweeg aan na vlak 4.

Die seun se olierige kuif hang oor die lens van sy swartraambril. Sy oë is rooi van die heelnag speel. Sy span is in die topvyf in die wêreld in dié speletjie, World Rugby.

Hy is 17 jaar oud en was maar twee toe die groot virus die lewe soos almal dit geken het vir altyd verander het. Hy was nog nooit in 'n rugbystadion nie en is nie eens 'n rugby-ondersteuner nie. Hy was baie jonk toe dié kontaksport nog in groot stadions plaasgevind het en ware rugbyspelers bestaan het. Nou is plekke soos Loftus en Ellispark net name wat opduik in geskiedkundige soektogte. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.