Een klein stappie weg van huisarres

VAN VLAK 5 NA VLAK 4

Een klein stappie weg van huisarres

Suid-Afrika gee op 1 Mei sy eerste versigtige treë op die pad na groter ekonomiese aktiwiteit, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand aangekondig. Dit gaan dalk net-net betyds wees om groeiende sosiale onrus te stuit, skryf MAX DU PREEZ, maar ernstige vrae oor die regering se hantering van die krisis word steeds gevra.

DIT lyk op papier na 'n gebalanseerde, intelligente program om die staat van inperking geleidelik op te hef, gegrond op die navorsing en advies van kenners en wetenskaplikes.

Vlak 4 van vyf vlakke van bedreiging en gereedheid word op 1 Mei in werking gestel met winkels wat meer ware, waaronder sigarette, sal kan verkoop. Daar sal meer bewegingsvryheid wees, hoewel steeds geen groepaktiwiteite nie en geen ritte oor provinsiale grense nie. Myne sal stadigaan toegelaat word om weer te werk.

Maar as die snelstygende sterftesyfer aan Covid-19 van die laaste paar dae 'n aanduiding is, kan ons dalk lank in dié fase bly. Drank, klere, hardeware, boeke (ja, boeke!) en kitskos sal eers in vlak 3 te koop wees. Vlak 3 word getipeer as dat daar 'n “matige virusverspreiding en matige gereedheid” is. Ons is ver daarvandaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.