Virus mik uitklophoue na reeds wankelende lugreisbedryf

VLUGVOOS

Virus mik uitklophoue na reeds wankelende lugreisbedryf

Lugreise gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ons gaan nog terugverlang na die dae van oorvol lughawens met duur parkering, vertragings en kansellasies, nors diens en eindelose veiligheidsmaatreëls – want vorentoe gaan passasiersvlugte vir eers erger wees, skryf WILLEM KEMPEN.

TEN spyte van al die beslommernis was passasiersvlugte ook vol voordele soos ons dit geken het: kaartjies was bekostigbaar, vlugte was volop en lughawens is die wêreld vol. Ons kon weekliks of selfs daagliks tussen werk en tuiste pendel, konferensies in die buiteland gaan bywoon, vir vriende en familie gaan kuier, op eksotiese plekke gaan vakansie hou, internasionale sport- of kultuurgebeure gaan bywoon.

Maar dit was selfs voor die pandemie al duidelik: Só kon dinge nie aangaan nie. Dis ironies dat Covid-19 toegeslaan het in dieselfde jaar dat die Sweedse aktivis Greta Thunberg die konsep “flygskam" gewild gemaak het: ’n skaamte om te vlieg, gebore uit die enorme impak wat die lugpassasiersbedryf op die omgewing het. In lande soos Swede en Duitsland (flugscham) waar die omgewingsbeweging sterk is, het dié konsep meegehelp dat mense alternatiewe vir veral streeksvlugte begin soek het:

Daar was ook ander probleme in die bedryf. Lugdienste is komplekse besighede wat moeilik is om te bestuur, massiewe hoeveelheid kapitaal vereis, hoë vaste kostes het, en met papierdun winsmarges oor die weg moet kom – ás hulle hoegenaamd winsgewend is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.