VRYEWEEKBLAD.COM, anders as sy roemryke koerantvoorganger, is nie 'n publikasie wat week ná week dramatiese onthullings probeer maak en gatte links en regs skop nie. Ons is 'n gehalte-aanbieding van diepte-joernalistiek, menings en ontleding.
Laas week het ons 'n berig gepubliseer oor die groep Kubaanse dokters en ander gesondheidwerkers wat na Suid-Afrika gestuur is om met die Covid-19-krisis te kom help, om uit te spel wie hulle is, wat hulle hier kom doen en te vra of dit so 'n goeie idee is, want daar is werklose dokters in Suid-Afrika.
Maar ons het ook berig dat van die medici van die Kubaanse mediese brigade positief getoets het vir ernstige akute respiratoriese sindroom-coronavirus-tipe-2. Dit het regeringswoordvoerders soos katte op 'n warm plaat laat rondspring...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.