QITSQENNIS | Volg die wit haas, die geel vlag en die oranje...

QLINK SLIM IN ISOLASIE

QITSQENNIS | Volg die wit haas, die geel vlag en die oranje man, want WWG1WGA!

Wie is die geheimsinnige Q? Wat is die newelagtige Qanon-beweging wat gereed maak vir die Groot Ontwaking in die aanloop tot die ontknoping van die Groot Plan? Is te veel isolasie besig om ons almal van ons sinne te beroof? WILLEM QEMPEN duik in die haasgat af.

HET jy gisteraand weer daardie vreemde droom gehad van die keer op hoërskool toe jy glad niks vir jou wiskundetoets geleer het nie? Hoe jy angstig heen en weer verby die klaskamer geloop het, desperaat om te ontsnap van dit wat daar op jou gewag het?

Hoe het jou pad geloop van daardie oggend totdat jy vanoggend wakker geword het? Waar het die droom geëindig en die harde werklikheid begin? Was daar enige tekens langs die pad van wat later op jou gewag het? Was daar oomblikke van helderheid, net sodat die walms van onkunde weer van voor af oor jou kon waai ...? Is daar iets wat dit álles verklaar?

Waarom is jy agter die Wit Haas aan in die gat af, Alice?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.