Covid-projeksies spel groot gevaar, maar risiko steeds laag vir ...

GOEIE NUUS EN SLEGTE NUUS

Covid-projeksies spel groot gevaar, maar risiko steeds laag vir kinders en tieners

Daar is goeie én slegte nuus vir Suid-Afrika: Die coronavirus raak kinders en tieners meestal besonder lig, skryf ELSABÉ BRITS, maar daar is kommer omdat 'n nuwe sindroom by kinders in die buiteland opgemerk is. En nuwe vooruitskattings dui daarop dat die dodetal weens Covid-19 teen November op 50,000 Suid-Afrikaners kan staan, met tot 13 miljoen uiteindelik simptomaties.

DIE projeksies vir Suid-Afrika lyk nie goed nie en bevestig waarskuwings dat ons gebrek aan kapasiteit in intensiewesorgeenhede ons gaan laat struikel.

Selfs as ons die beste scenario vir Covid-19 beleef, gaan ons al vroeg in Julie nie genoeg beddens hê in intensiewesorgeenhede in die openbare én privaat sektor nie, het die Covid-19-modelleringskonsortium bevind. En as ons die érgste scenario ervaar, sal alle kapasiteit in waakeenhede reeds vroeg in Junie oorskry word.

Dié amptelike vooruitskattings deur spanne van die universiteite van Kaapstad, die Witwatersrand en Stellenbosch is deur dr. Zweli Mhize, minister van  gesondheid, bekendgemaak en skets die ergste en beste scenario's wat op ons wag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X