Toksiese inperkingskultuur in die kollig

MET MAG EN MENING

Toksiese inperkingskultuur in die kollig

Terwyl weermaglede en polisiebeamptes die inperkingsregulasies met mag en mening toepas en menseregte vertrap, het twee generaals aan die parlement laat blyk dat hulle meen dis hoe dit gedoen moet word – sonder dat enigeen teenwoordig hulle daaroor aangevat het. Dit moet die waarskuwingsligte oor die bedreiging vir die demokrasie laat flikker, skryf FARIEDA KHAN.

SOOS die staat van inperking al hoe langer uitrek, raak Suid-Afrikaners al hoe meer woedend oor die soms wisselvallige en selfs irrasionele regulasies. Die oorgretige, aggressiewe afdwinging van die regulasies deur die onderskeie wetstoepassingsorganisasies maak mense beslis nie meer geneë om die situasie te aanvaar nie.

Verlede week was daar weer ’n voorval waar ’n vrou van die Strand skynbaar binne die vasgestelde oefenure hardhandig deur ’n polisiebeampte in hegtenis geneem en na ’n trok gesleep is. Haar regsverteenwoordiger het later gesê sy is laat gaan sonder om van enige oortreding aangekla te word.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek reeds ’n hele handvol aantygings van aanranding en die gebruik van sambokke op lede van die publiek, en die VN se menseregte-afdeling het reeds sy kommer oor die kultuur van hardhandigheid uitgespreek, veral in armer gebiede en informele nedersettings...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.