THAMI Zulu was die nom de guerre van Muziwakhe Ngwenya – seun van 'n prominente Soweto-familie, albei sy ouers was skoolhoofde – wat in 1954 gebore is. Hy was in 'n elite-skool in Swaziland (eSwatini) en was 'n universiteitstudent voor hy in Desember 1975 by Umkhonto we Sizwe (MK) aangesluit en die naam Thami Zulu aangeneem het.
Ngwenya was 'n welsprekende, besonder intelligente, aantreklike jong man en ewe tuis in Engels as in Zoeloe, wat hom tussen die MK-rekrute laat uitstaan het.
Die MK-bevelvoerders Joe Slovo en Chris Hani het sy potensiaal raakgesien en hom in 1979 na 'n vergadering van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se sentrale komitee in Oos-Berlyn genooi, waar hy die jongste afgevaardigde was...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Min twyfel oor onbekwame ministers