HET jy dit al gewaag om terug te gaan kantoor toe? Die skuif na vlak 3-beperkings beteken jy mag dit waarskynlik doen, maar het jy die moed daarvoor bymekaargeskraap? Kollegas het waarskynlik foto's van jou leë kantoor op die werk se WhatsApp-groep geplaas, waar die enigste oorblywende lessenaars troosteloos glim in die enorme leegte van kantoorspasie wat in die gesogte Sandton R200/m² kos. Dit voel onheilspellend.
Almal wat terug is by die werk dra maskers, en wanneer mense wel met mekaar praat, is daar kennisgewings wat hulle herinner om minstens 1.5 meter weg te staan en dat daar net een mens op 'n slag in die kombuis moet wees. Oral staan bottels ontsmettingsmiddel met 70% alkohol in.
Die kraan in die mans se badkamer werk nie. Niemand wil die loodgieter bel nie. Hoe minder mense daar in die gebou kom, hoe beter. Jy het nog nooit gesien dat Marc-met-'n-c sy hande was nie — maar nou dink jy dat dit jou dood sal beteken as jy aan die deurhandvatsel vat in 'n badkamer waar nie 'n enkele kraan werk nie. Jy wonder of Marc al sy hande begin was het. Werk Marc selfs nog hier?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.