Planmaker in Kanada tot die redding van wanhopige SA ...

VAN PANAMA TOT IRAK

Planmaker in Kanada tot die redding van wanhopige SA Covid-gestrandes

Duisende Suid-Afrikaners was oor die wêreld heen gestrand toe die Covid-19-inperkings grense laat toeklap het. Vir ’n paar honderd van hulle en ’n handvol Zimbabwiërs het ’n Suid-Afrikaanse expat ’n unieke plan máák werk. ERIKA GIBSON het gesels met Tertius Myburgh, ’n Suid-Afrikaanse vlieënier wat in Kanada werk.

TERTIUS MYBURGH werk en woon die afgelope ses maande in Moncton in New Brunswick in die suidooste van Kanada. Hy was sy lewe lank in Suid-Afrikaanse lugvaart betrokke en nou beoefen hy sy passie daar in Kanada.

Pas nadat grense toegemaak en vlugte opgeskort is, het hy ’n noodoproep ontvang van Klaus Konig, sy destydse skoolhoof en tans hoof by Helpmekaar Kollege in Johannesburg: Konig, sy suster, Petra van der Merwe, en Myburgh se oudwetenskaponderwyseres, Theresa Rossouw, was saam met nog vyf Suid-Afrikaners in Mianmar gestrand. Hulle het die land se tempels gaan bekyk toe die pandemie hul planne gekortwiek het.

Mianmar was nie op die lys van plekke waar die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) of lugdienste met repatriasie kon help nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.