MINDER as 'n jaar sedert Boris Johnson premier van Brittanje geword het, is daar so 'n gemor oor sy chaotiese leierskapstyl dat senior politici in die binnekringe van die Konserwatiewe Party meen hy sal “dalk moet gaan".
Dis veral die laaste twee weke dat sy hantering van die Covid-19-pandemie – en aanhoudende gejok en verbreekte beloftes – Tory-LP’s laat kla het dat sy swakhede die party erge skade aandoen en dat hy sy slag verloor het. Soos een minister glo gesê het: Alles het nou in 'n bol poef verander (effens meer beskaafd en in Engels, natuurlik, maar dis die strekking).
Dié stories kom nie van Johnson se vyande nie. Dit kom van onder andere die Mail on Sunday (https://www.dailymail.co.uk/news/article-8443851/DAN-HODGES-Watch-Boris-Tory-MPs-starting-think-unthinkable.html) se Dan Hodges, 'n politieke rubriekskrywer wat Johnson reeds ondersteun sedert sy kandidaatskap vir burgemeester van Londen. Die Mail on Sunday self is 'n pro-Brexit- en Tory-mondstuk. Dit word ook op die Tory-webblad Conservative Home (https://www.conservativehome.com/) verkondig. En dit kom van die joernalis en oudredakteur Rod Liddle, wat gereeld in die Spectator (https://www.spectator.co.uk/article/does-anyone-think-boris-has-handled-this-well) uitvaar teen sogenaamde libtards en die establishment. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Haatlike Hopkins se skokveldtog