KITSKENNIS | Trump en Biden: die enigste opsies waarmee die VSA ...

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | Trump en Biden: die enigste opsies waarmee die VSA vorendag kon kom

Terwyl die Amerikaanse ekonomie onder die aanslae van die pandemie steier, wag daar in November ’n verkiesing wat die verdeeldheid in die land verder op die spits gaan dryf, meen WILLEM KEMPEN.

Is die keuse tussen Donald Trump en Joe Biden regtig die enigste wat daar is?

Nee, maar ingevolge die Amerikaanse verkiesingstelsel het net Trump se Republikeinse party en Biden se Demokratiese party ’n realistiese kans om in genoeg van die onderskeie deelstate ’n meerderheid te behaal.

In die meeste gevalle bepaal die wenner in elke deelstaat – selfs al is dit met net enkele stemme – hoe daardie deelstaat in die kieskollege stem. En omdat elke deelstaat se getal stemme in die kieskollege ooreenkomstig sy getal inwoners bepaal word, tel ’n oorwinning in ’n staat met ’n groter bevolking meer as ’n oorwinning in ’n staat met minder mense. Vir die doeleindes van die 2020-verkiesing word die Amerikaanse sensusopname van 2010 as basis vir dié berekeninge gebruik. Die deelstate het in totaal tans 435 stemme in die kieskollege (https://en.wikipedia.org/wiki/United_States_Electoral_College)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X