Mosambiekse insurgente, huursoldate en die stryd om Mocímboa da ...

DIE SLAG VAN MOCÍMBOA

Mosambiekse insurgente, huursoldate en die stryd om Mocímboa da Praia

’n Multi-nasionale ingryping tussen die AU, die EU en die Verenigde Nasies is waarskynlik ’n oplossing in die geweldsgeteisterde noorde van Mosambiek waar ekstremiste verwoesting saai. Die alternatiewe is andersins boomskraap, skryf ERIKA GIBSON.

DIT was ’n verrassingsaanval uit die militêre teksboek wat Saterdagoggend net voor dagbreek die inwoners van Mocímboa da Praia in die verre noorde van Mosambiek wakkergeskud het. Grofgeskut, pantserkarre, strategiese regeringsgeboue in die dorp as teikens en les bes, die geratel van swaarkaliber-masjiengewere was alles deel van dié aanval wat die inwoners die bosse en met bootjies die see in laat spaander het.

Ironies is dié fynbeplande aanval geloods deur ’n skaduagtige en ekstremistiese Islamitiese groepering bekend as Al Sunnah wa Jama-ah (ASWJ), wat normaalweg eerder daarvoor bekend is dat hy gehuggies met pangas aanval en van hul slagoffers onthoof.

Saterdag se aanval op een van die sleutelhawens slegs sowat 60 km suid van Afungi was vermoedelik deels daarop gemik om juis beheer oor die stad te verkry. Dit is by Afungi waar die land se biljoen dollar se vloeibare gas uit die see gepomp en gestoor gaan word. ASWJ se aanvalle het sowat vier jaar gelede begin kort nadat die gasvonds bekendgemaak is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.