DIT is 1998. Vier jaar ná die eerste demokratiese verkiesing.
Ek en kameraman Mzwandile Njokwane ry in by die Glen Grey-hospitaal net buite die ou Lady Frere (nou Cacadu). Pasiënte in hospitaalkleedjies sit in die waterige winterson. Ons is op ’n ondersoek na die stand van gesondheidsdienste in die Oos-Kaap vir die ondersoekende televisieprogram Special Assignment.
Daar is bitter min personeel te bespeur en ons beweeg maklik in die gange rond. Die sale ruik na ’n mengsel van urine en wanhoop. Die toilette is besmeer met ontlasting. ’n Operasiesaal waar ons met ons kamera inglip, is onder bloed, ou bloed – die bed, die vloere, ’n groot hoop mediese afval in een hoek. Die reuk is onhoudbaar. Iemand in die gang vertel ons ’n vrou is die vorige dag daar dood terwyl sy geboorte gegee het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.