KITSKENNIS | ‘Nee vir #maakvoldiedam, want #onsgaanteminwaterhê’

KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR

KITSKENNIS | ‘Nee vir #maakvoldiedam, want #onsgaanteminwaterhê’

’n Internasionale krisis dreig as die lang proses om die Groot Ethiopiese Renaissance-dam (die Gerd) met water uit die Blou Nyl te vul vandeesmaand sou begin, skryf WILLEM KEMPEN.

Wie stry, en waaroor? 

Wanneer die eerste reën van die seisoen in Julie oor die Ethiopiese hoogland begin uitsak, sal van daardie water vir die eerste keer deur die Gerd teruggehou word en nie verder vloei deur Soedan en uiteindelik tot in Egipte nie. Die dam is nog net sowat 76% voltooi, maar die wal is al hoog genoeg om die water van die Blou Nyl te kan begin opdam. Aan die hart van die geskil is hoevéél water Ethiopië van seisoen tot seisoen sal laat deurvloei.

Bouwerk aan die Gerd, wat voorheen ook as die Millennium-dam en die Hidase-dam bekend gestaan het, het in 2011 begin, sal uiteindelik na raming sowat $4.5 biljoen kos en sal 72 biljoen m3 water kan hou. Die reservoir-gedeelte van die dam sal ’n oppervlak so groot soos Londen beslaan, en die projek sal by voltooiing sowel die grootste dam as die grootste hidroëlektriese aanleg in Afrika wees. Dis geleë in die noordweste van Ethiopië, net sowat 15  km van die land se grens met Soedan. Van daar vloei die rivier tot by Kartoem, hoofstad van Soedan, waar die Wit Nyl daarby aansluit, en dan noordwaarts tot by die Nyldelta noord van Kaïro, hoofstad van Egipte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.