So, was jy skaam vir een of twee Aston Martins, Nomvula Mokonyane?

HOËSPOED-DIENSLEWERING

So, was jy skaam vir een of twee Aston Martins, Nomvula Mokonyane?

Die elektrisiën Charl le Roux het vandeesweek voor die Zondo-kommissie getuig dat hy by twee geleenthede Aston Martins by die huis van dié voormalige minister en Gautengse premier gesien het. Ten spyte van dié en ander bewerings word Mokonyane skynbaar steeds binne die ANC geag, berig YOLANDI GROENEWALD.

CHARL le Roux se getuienis was maar ’n droë affêre, totdat hy begin praat het oor die kere toe hy een van dié Britse spogmotors onder ’n seilbedekking in ’n motorhuis by Mokonyane se huis gesien het.

Die eerste keer was in omstreeks 2014 toe hy by Mokonyane se huis in Krugersdorp was om elektrisiteitswerk te doen. As ’n motorentoesias was hy nuuskierig oor wat onder ’n motorseil in een van Mokonyane se motorhuise was. Hy het die seil opgelig en het hom verkyk toe hy die motor as ’n Aston Martin herken. “Ek het net aanhou kyk en kyk, want ek hou van karre,” het Le Roux getuig.

Die goedkoopste van dié Britse luukse motors verkoop deesdae vir sowat R3 miljoen nuut. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.