Van Vrystaat tot Vrotstaat: bankrot, verdeeld, onbevoeg,...

OG-VERSLAG

Van Vrystaat tot Vrotstaat: bankrot, verdeeld, onbevoeg, leierloos, nutteloos, korrup …

Gods water kan nie net aanhou om oor Gods akker in die Vrystaat se munisipaliteite te loop nie. Dis tyd dat die provinsiale regering iets doen. En nie soos wat in Metsimaholo-munisipaliteit gebeur het nie, skryf JACO VISSER.

DIE hartland van Suid-Afrika se munisipaliteite is siek. Sommer baie siek. En dit gaan al hoe slegter met die geldsake van plaaslike regering in die Vrystaat. En die medisyne van die kwakke wat help dokter, werk nie.

Van Sasolburg (Metsimaholo-munisipaliteit) in die noorde tot by Bethlehem (Dihlabeng) in die ooste tot Welkom (Matjhabeng) in die weste vier die wanbesteding van belastingbetalers se geld hoogty. Niks beklemtoon die situasie beter as die ouditeur-generaal (OG) se onlangse verslag rakende die stand van munisipale geldsake nie.

Die munisipaliteite van Suid-Afrika se derde grootste provinsie volgens oppervlakte het laas vir die 2016-boekjaar enige skoon oudit behaal. Dis nou ondanks R46.6 miljoen wat aan konsultante bestee is om plaaslike regerings se finansiële state voor te berei en advies te gee hoe om aan die wetgewing rakende finansiële bestuur op plaaslike regeringsvlak te voldoen, aldus die OG se verslag. ’n Mens moet erken dat die hoeveelheid wetgewing wat hiervoor voorsiening maak nogal baie en ingewikkeld is. Nietemin, amptenare word lekker betaal om hul werk te doen en die wette na te kom. Daar is op die ou einde tog munisipaliteite (selfs kleintjies) elders in die land wat skoon oudits behaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.