Fraser se onthulling kan bepalend vir Zondo-kommissie wees

BLAF OF BYT

Fraser se onthulling kan bepalend vir Zondo-kommissie wees

Adjunkhoofregter Raymond Zondo moet bepaal of die voormalige spioenbaas Arthur Fraser se aansprake teen hoëprofielfigure deur regte bewyse gerugsteun kan word, en of dit net deel van afleidingstaktiek is, skryf KARYN MAUGHAN.

SUID-AFRIKA se skaduagtige spioennetwerk het ’n lang skaduwee gewerp oor adjunkhoofregter Raymond Zondo se ondersoek na staatskaping – van vroeë getuienis oor “vals intelligensie”-verslae wat gebruik is om ministers af te dank en tesourie-amptenare te ontsetel tot voormalige president Jacob Zuma se aanspraak dat hy deur buitelandse en apartheidspioene geteiken is om sy politieke ondergang te bewerkstellig.

Nou het die voormalige spioenbaas Arthur Fraser – wat deur The Mail and Guardian bestempel is as die “spioen wat Zuma gered het” omdat hy glo vir hom die berugte spioenbande gegee het om klagte teen hom te laat vaar – beloof om “staatsgeheime” oor presidente, regters en parlementslede te onthul wanneer hy voor die kommissie van ondersoek getuig. Hy is uitgebeeld as ’n belangrike rolspeler in die beweerde “kaping” van staatsekuriteitstrukture. Sy advokaat, Muzi Sikhakhane, het vir die kommissie gesê Fraser sal binnekort ’n beëdigde verklaring indien wat sy voorleggings gaan uitstippel.

En soos Zuma voor hom, het Fraser gedreig om te “noem en beskaam”. Sikhakhane gaan Zuma én Fraser by die kommissie verteenwoordig. Maar is dit ’n belofte? Of ’n bedreiging? Of albei?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.