Genoeg van pap bande, siekte en smart: Kom getuig of gaan tjoekie toe!

VERSKONINGS, VERSKONINGS

Genoeg van pap bande, siekte en smart: Kom getuig of gaan tjoekie toe!

Regter Tintswalo Makhubele se verskonings om uitstel vir haar getuienis voor die Zondo-kommissie te vra was dié week die laaste druppel wat regter Raymond Zondo se emmer laat oorloop het. YOLANDI GROENEWALD berig oor die slinkse sloertaktieke van die Zondo-getuies.

EERS was dit ’n pap band wat haar getraumatiseer het. Toe het sy nie behoorlik tyd gehad om voor te berei nie. Regsverteenwoordiging was ’n kopseer en haar werk as regter het haar skaars tyd gegee om asem te skep. Boonop kon haar getuienis ook ’n ander saak teen haar belemmer. En ’n ondersoeker by die kommissie het sy mes in vir haar. 

Maar op die ou einde kon regter Tintswalo Makhubele nie die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ontglip nie; al haar verskonings het op dowe ore geval. 

’n Duidelik keelvol regter Raymond Zondo het geweier dat die oudvoorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) haar getuienis tot September uitstel en het haar verplig om vir die kommissie se eerste aandsessie op te daag. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.