Dit woeker en knoei al weer lekker in die Vrystaatse tenderhok

DIT REËN COVID-PAP

Dit woeker en knoei al weer lekker in die Vrystaatse tenderhok

Dit gaan finansieel goed met diegene wat die politieke hoë koppe ken. Nêrens is dít waarder as in die Vrystaat nie, skryf JACO VISSER.

VERVALSING, geldwassery, bedrog, korrupsie en oortredings van wette oor openbare geldbestuur – stel jou voor jy moet op 58 aanklagte van hierdie misdrywe aan ’n hof verduidelik wat jy aangejaag het, of nie aangejaag het nie. En die bedrag beloop glo R245 miljoen.

Dít is wat Lerato Mngomezulu, Disebo Masiteng, Mokemane Ndumo, Mahlomola Mofokeng en Mbana Thabethe op 10 September saam met hul mede-aangeklaagdes Lenah Mohapi en Seipati Dlamini in die Vrystaatse hooggeregshof sal moet doen, tensy die saak uitgestel word. Dié span was na bewering kop in een mus om die Vrystaatse landboudepartement te bedrieg in die Gupta-verwante Estina-suiwelprojek buite Vrede in die provinsie. Hulle het op 18 Augustus in die Bloemfonteinse streekhof borgtog van R10,000 elk gekry.

“Daar is tydens ’n oefening waar die finansiële vloei van die bankrekenings in die Estina-saak ontleed is, gevind dat daar ongerymdhede en versteekte betalings aan een van die amptenare gedoen is,” het Sipho Ngwema, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in ’n verklaring gesê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.