Hopefield se hopelose stryd teen polisiegeweld

SONDER HOOP

Hopefield se hopelose stryd teen polisiegeweld

Die Weskus-dorpie se inwoners, wat sê hulle word al jare deur polisiebeamptes geterroriseer, was nie verras toe Reginald Linnerd doodgeslaan in 'n aanhoudingsel gevind is nie, berig CHARLENE ROBERTS.

  • 21 Augustus 2020
  • Nuus & Politiek
  • 16 min om te lees
  • artikel 17 van 29
  • Charlene Roberts

'N MENS ry maklik very Hopefield sonder om dit eens raak te sien. Dis die oudste dorp aan die Weskus en is niks meer as net 'n nedersetting nie sedert die R27 tussen Vredenburg en Malmesbury gebou is. Die dorp verdwyn in die vaal bosse so kenmerkend van die landskap hier, en inwoners kry geen uitsig oor die see soos wat die distrik se naam mens laat glo nie: Saldanhabaai.

Daar is ook nie veel hoop in Hopefield nie. Die industriële Saldanhabaai- plaaslike munisipaliteit lê in die spreekwoordelike skadu van ArcelorMittal Suid-Afrika se Saldanha Staal-aanleg, wat eens die dorp se grootste werkverskaffer was, maar nou herstelwerk ondergaan. Sy uitlaatgasse het baie mooi sonsondergange geverf, maar ook die dae asvaal en die horison vuil gemaak. 

Baie van Hopefield se 6,500 inwoners is werkloos. Diegene wat wel werk het, werk meestal in die boubedryf en konstruksie. In die sentrale sakekern is daar 'n hoërskool, 'n laerskool, 'n hof, 'n polisiestasie, 'n kafee, 'n Spar, 'n drankwinkel, 'n dagkliniek en drie kerke. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.