ELKE Trump fan is ’n poesiegrypende, permanent half beskonke, vroue-hatende grootbek-rassis met ’n Ku Klux Klan-uniform iewers agter in sy kas. En elke Biden fan is ’n kindermolesterende, satan-aanbiddende kommunis wat nie kan wag dat die polisie afgeskaf word nie sodat Amerika hééltemal afgebreek kan word, sodat die massas nooit weer hoef te werk nie en sodat ’n enkele wêreldregering sy kloue oplaas in ons almal kan inslaan.
As jy ’n Amerikaanse kieser is wat in een van dié twee teenpole glo, dan is dit seker maklik om te besluit waar jy jou kruisie op 3 November gaan trek. In hierdie bipolêre wêreld is dit skynbaar te veel gevra dat iemand Black Lives Matter kan ondersteun én wil sien dat betogers in die bek geruk word wanneer hulle eiendom vernietig en menselewens bedreig.
Of om te glo dat ’n land die reg het om die invloei van immigrante deur sy grense te beheer én om gewalg te wees wanneer die staat in ’n moderne demokrasie die kinders van ongedokumenteerde immigrante van hul ouers skei...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.