Suzanne Daniels: Gupta-meeloper of eintlik heldin in staatskapingsage?

ZONDO-KOMMISSIE

Suzanne Daniels: Gupta-meeloper of eintlik heldin in staatskapingsage?

Eskom se oudregshoof het vinnig opgang gemaak by die elektrisiteitsreus en 'n vet salaris verdien. Toe, in die middel van die staatskapingsjare, word sy 'n fluitjieblaser. Suzanne Daniels se getuienis die afgelope week voor die Zondo-kommissie het die wenkbroue laat lig – om al die verkeerde redes, skryf YOLANDI GROENEWALD.

IN net vyf jaar het Suzanne Daniels, Eskom se oudregshoof, gegaan van 'n pion in staatskaping tot 'n slagoffer en dapper fluitjieblaser wat 'n duur prys moes betaal en haar werk verloor het. Dis nou as jy haar eie  weergawe glo – maar dit is glad nie 'n uitgemaakte saak dat sy wel 'n  heldin in die sage van Eskom se ondergang is, en nie 'n staatskaper wat haar beeld wil herskep nadat haar base geval het nie.

Daniels is in 2017 geskors by Eskom en nege maande later, in 2018, afgedank. Aanvanklik het dit gelyk na vergelding omdat sy al Eskom se donker geheime gaan uitblaker het – eers in die media en later op meer amptelike platforms. Die sage van Eskom en Suzanne Daniels is egter baie meer kompleks as dit. 

Daar is nou weer vrae of haar fluitjieblasery net 'n dekmantel was vir haar aanvanklike Gupta-meelopery, en of sy werklik haar eie veiligheid op die spel geplaas het om seker te maak Suid-Afrika weet wat by Eskom aangaan. Haar stories het selfs die gewoonlik onverstoorbare adunk-hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, sy wenkbroue laat lig en stem laat verhef toe sy Dinsdag weer getuig het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.