Annette Steyn – van bobaas-pannekoekbakker tot passievolle...

‘REGERING BEDONNER SWART BOERE’

Annette Steyn – van bobaas-pannekoekbakker tot passievolle grond-aktivis

Annette Steyn was eens 'n boervrou van Venterstad wat verbete gecraft en pannekoek gebak het om haar besig te hou. Toe ontdek sy 'n onwaarskynlike passie vir die politiek. Maar die drama van die parlementsvloer is nie vir haar nie – sy verlekker haar in die krap en snuffel van komiteewerk. ANNELIESE BURGESS gesels met die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

ANNETTE STEYN zoom met my op haar selfoon wat sy bo-op ’n ketel in haar hotelkamer staangemaak het. “Dis ’n hele kontrepsie," lag sy terwyl sy haarself in ’n dik, grys kombers toewikkel teen die vroegaandkoue in Ermelo. Dis amper sesuur, en sy was die hele dag op plase.

“Scary, scary grondhervormingstories,” sê sy oor haar dag.

Maar die tema is dieselfde as wat sy nou al vir baie jare by swart boere op grondhervormingsplase hoor: Hulle mag net huur, want die wet het só verander dat die opsie om grond te koop, of titel te kry, nie meer bestaan nie. En só sukkel hulle maar van huurkontrak tot huurkontrak – en met elke hernuwing is daar probleme. Óf daar moet omkoopgeld betaal word om die kontrakte te verleng, óf hulle word van die grond afgesit en dit word aan ander “begunstigdes” gegee – in baie gevalle “belangrike mense” met konneksies in die regerende party...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.