TOE MAGASHULE in 2009 die leisels as premier van die Vrystaat oorgeneem het, was daar aanvanklik ’n hoopvolle visie: bou huise vir die armes, red kwesbare mense uit die toksiese ou asbes-huise waarin hulle woon, skep werk deur ’n innoverende landbouprojek in dié arm provinsie wat smag na ordentlike ontwikkeling.
Maar gaandeweg het dit duidelik geword al hierdie projekte was maar net ’n front vir plundery en geldwassery, en daar het net mooi niks gekom van enige ware poging om die mense van die Vrystaat te help nie, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping keer op keer die laaste paar maande gehoor. Uit Magashule se eie mond het die kommissie egter nog nie ’n dooie woord gehoor nie.
Die Gautengse sakeman en nou bekende tenderpreneur Edwin Sodi het doodluiters inkriminerende betalings na invloedryke ANC-leiers en behuisingsamptenare afgemaak as “bietjie hulp aan ’n vriend of ’n sakevennoot”, van iemand wat self met hope geseën is. ’n Potjie gholf sou tien teen een vir Sodi meer laat sweet het as Zondo. Hy het biljoene uit verdagte staatskontrakte gemaak en nog nooit daarvoor verantwoording gedoen nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
ZONDO-KOMMISSIE
Die kaartehuis begin tuimel om Mr Ten Percent
Ace Magashule se stilte voor die Zondo-kommissie het oorverdowend geword, skryf YOLANDI GROENEWALD.
Deel
TOE MAGASHULE in 2009 die leisels as premier van die Vrystaat oorgeneem het, was daar aanvanklik ’n hoopvolle visie: bou huise vir die armes, red kwesbare mense uit die toksiese ou asbes-huise waarin hulle woon, skep werk deur ’n innoverende landbouprojek in dié arm provinsie wat smag na ordentlike ontwikkeling.
Maar gaandeweg het dit duidelik geword al hierdie projekte was maar net ’n front vir plundery en geldwassery, en daar het net mooi niks gekom van enige ware poging om die mense van die Vrystaat te help nie, het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping keer op keer die laaste paar maande gehoor. Uit Magashule se eie mond het die kommissie egter nog nie ’n dooie woord gehoor nie.
Die Gautengse sakeman en nou bekende tenderpreneur Edwin Sodi het doodluiters inkriminerende betalings na invloedryke ANC-leiers en behuisingsamptenare afgemaak as “bietjie hulp aan ’n vriend of ’n sakevennoot”, van iemand wat self met hope geseën is. ’n Potjie gholf sou tien teen een vir Sodi meer laat sweet het as Zondo. Hy het biljoene uit verdagte staatskontrakte gemaak en nog nooit daarvoor verantwoording gedoen nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelYolandi Groenewald
JoernalisYolandi Groenewald is 'n bekroonde omgewingsjoernalis en sakejoernalis.