Trump en Biden: ’n spektakel met swaaiende appels en kaphoue

PRESIDENSIËLE DEBAT IN VSA

Trump en Biden: ’n spektakel met swaaiende appels en kaphoue

Die eerste presidensiële debat in Amerika was die laagste van laagtepunte, skryf ARRIE ROSSOUW – met Trump soos ’n wafferse Rocky Marciano in die bokskryt en verwyte, beskuldigings en onwaarhede wat oor en weer geslinger is.

DINSDAGAAND se eerste Amerikaanse presidensiële debat was so ’n “shit show” dat die Kommissie oor Presidensiële Debatte besluit het om dringend die formaat van dié tradisionele verkiesingsdebatte aan te pas om ’n tweede en derde “treinramp” af te weer.

Die eerste debat tussen pres. Donald Trump en sy uitdager, oud-visepresident Joe Biden, het soos verwag is die vonke laat spat, maar niemand het hulle voorberei op die intensiteit waarmee Bokser Trump in die eerste ronde sou lostrek om sy teenstander te probeer uitknikker nie.

Terwyl pres. Trump links en regs verwyte, beskuldigings en onwaarhede na Biden en die debatsmoderator geslinger het, het Biden manmoedig uit sy hoek gekom, ’n paar kaphoue uitgedeel, teruggeval, asem geskep en maar weer probeer om die swaaiende appels van Trump af te weer. Wat ’n spektakel!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.