FORT COLLINS, COLORADO. – As daar al ooit 'n messias was wat Amerika moes red van al die euwels van die res van die wêreld, is dit Donald John Trump, want selfs die gevreesde coronavirus kry nie vatplek aan hom nie!
Twee weke gelede het hy 'n koors(agtigheid) ontwikkel en kort van asem geraak – tipiese Covid-19-simptome. Marine One is opgekommandeer en hy is inderhaas – net betyds vir TV-spitskyktyd saans tussen sewe en agt– na die Walter Reed-hospitaal, die voorste Amerikaanse militêre hospitaal, in Bethesda, Maryland, gevlieg om “voorkomende” noodbehandeling te ontvang.
Twee dae, 14 van die beste dokters, twee eksperimentele coronavirus-behandelings en een massiewe steroïed-inspuiting later, en die “Keramiekpresident” was weer al kugtende en wuiwende vanuit sy gepantserde swart SUV in die strate van Bethesda om die vlagswaaiende gepeupel vir hul ondersteuning te bedank...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Kaphoue, pikhoue en eiedoele ...