Voerkrip-voorgereg van die vervloektes

ZONDO-KOMMISSIE

Voerkrip-voorgereg van die vervloektes

Voor Eskom was dit Transnet waar Molefe, Singh en “Nommer Een" ook die slopingsbal geswaai het, skryf YOLANDI GROENEWALD oor die jongste getuienis voor die kommissie na staatskaping.

DIE name Brian Molefe (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2019-05-24-brian-molefe-die-sake-genie-wat-staatskaper-geword-het/) en Anoj Singh (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2019-05-17-die-staatskaper-genie-in-die-skadus/) is vervloek in die gange van Eskom en in die meeste Suid-Afrikaanse huise. Hul knoeiery by Eskom is welbekend en 'n baken van die ondergang van Suid-Afrika se kragreus.

Maar voor Eskom was daar Transnet, en die gekonkel daar het reeds lank voor die Optimum-steenkoolmyn-debakel en die ooglopende inmengery in Eskom se raad begin. Hierdie week het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping duidelik gehoor hoe die Guptas met hul hoof-luitenant Salim Essa aan die stuur hul tentakels eers in Transnet ingeslaan het, byna as 'n voorgereg vir wat by Eskom sou volg.

Molefe en Singh was kritieke spelers in die byna onsigbare trogvretery in daardie stadium by Transnet. Molefe was vanaf 2011 aan die stuur van sake en Singh was die finansiële hoof vanaf 2009, voordat hulle in 2016 vort is na Eskom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.