Adam Habib: ‘Ons moet die fasciste vasvat terwyl ons nog kán!’
’N KOEL KOP IN DIE CHAOS

Suid-Afrika gaan nog lank die prys betaal vir die dodelike kombinasie van populisme, korrupsie en onbevoegdheid wat in die Zuma-era die norm geword het, het Wits se uitgaande visekanselier aan ANNELIESE BURGESS gesê.
DAAR is 'n beeld van prof. Adam Habib wat in my kop vasgebrand is: Oktober 2016, die #FeesMustFall-beweging woed op kampusse oor Suid-Afrika heen. Die betogings raak al hoe feller, universiteite brand en die polisie begin studente arresteer wat by gewelddadige optrede betrokke is.
Op Wits roep die universiteit se personeel-organisasie 'n “vredesvergadering" met studente en gemeenskapsorganisasies byeen. Hulle nooi Habib uit, en hy het geen keuse as om te gaan nie, hoewel hy oortuig is dat die vergadering deur ekstreme elemente in die studenteleierskap gekaap sou word en dat daar 'n goeie kans is dat hy óf weggejaag óf gyselaar geneem sal word. Hy is oortuig dit is 'n lokval.
By sy aankoms is daar drama in die lug – sy voorgevoel oor die situasie was in die kol. Een van die voorbokke in die #FMF-beweging begin met 'n opruiende toespraak. Hy noem Habib 'n “sondaar in die kerk". Die atmosfeer raak al hoe giftiger. Daar is pandemonium...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Van der Rheede: Wees dankbaar vir die boere
Willa Boezak – teoloog én taalstryder
Die DA-boervrou wat MK’s vir hul grond help veg
Mark Barnes: ‘Ons moet nóú iets doen!’
Phumzile van Damme uit as LP
De Ruyter en de Eskom-gifkelkie
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.